Trotse Tjokkers Kleuter en Naskool Sentrum, gestig in 2012 deur Nelda Kachelhoffer (of Tannie Miemmie soos sy bekend is aan haar skoolkinders) en Japie Kachelhoffer, is geleë in Wierda Park, ‘n klipgooi vanaf Laerskool Bakenkop, op die gronde van die Afrikaanse Protestante Kerk Verwoerdburg.
Ons leuse “Waar ‘n kind se lewe begin en liefde nooit eindig nie” spreek boekdele oor waarin ons glo.
Die skool het tot ontstaan gekom vir die groot aanvraag na ‘n Afrikaans Christelike onderrig kleuter en naskool in die area.
Ons daaglikse program sluit in:
Klein en groot motoriese ontwikkeling
Sensoriese ontwikkeling
Persepsieule ontwikkeling
Ontdekking
Ruimtelike orientaise
Speel
Musiek
Graad RRR, RR en R word deur gekwalifieerde personeel aangebied met groot sukses.
Ons het verder uitgebrei en ook ‘n tuis onderrig skool – Nobilitas – begin, wat van krag tot krag gaan.
Ons aanvaar babas vanaf 3 maande tot en met graad R.
