Oor Ons

Trotse Tjokkers is ‘n warm, liefdevolle en stimulerende skool waar kinders die vryheid het om te leer, te groei en hul volle potensiaal te bereik in ‘n veilige omgewing.

Ontmoet Trotse Tjokkers

Trotse Tjokkers Kleuter en Naskool Sentrum, gestig in 2012 deur Nelda Kachelhoffer (of Tannie Miemmie, soos sy bekend is aan haar skoolkinders) en Japie Kachelhoffer, is geleë in Wierda Park, net ‘n klipgooi vanaf Laerskool Bakenkop, op die gronde van die Afrikaanse Protestante Kerk Verwoerdburg.

Ons leuse, “Waar ‘n kind se lewe begin en liefde nooit eindig nie”, spreek boekdele oor waarin ons glo.

Die skool het ontstaan uit die groot vraag na Afrikaans-Christelike onderrig vir kleuters en naskool in die area.

Graad RRR, RR en R word deur gekwalifieerde personeel aangebied met groot sukses.
Ons het verder uitgebrei en ook ‘n tuis onderrig skool – Nobilitas – begin, wat van krag tot krag gaan.
Ons aanvaar babas vanaf 3 maande tot en met graad R.

Ons Missie

Ons is toegewy aan die verskaffing van ‘n veilige, liefdevolle en stimulerende leeromgewing waar kinders holisties kan groei deur speel, ontdekking en gestruktureerde leer. Deur hul fisiese, kognitiewe en emosionele ontwikkeling te koester, streef ons daarna om sterk, selfversekerde en geskeide individue te bou wat gereed is om die wêreld te konfronteer.

Ons Visie

Om ‘n plek te wees waar elke kind waardeer, aangemoedig en geïnspireer word om hul volle potensiaal te bereik, en die grondslag lê vir ‘n blink en suksesvolle toekoms.

Ons daaglikse Program

  • Klein en groot motoriese ontwikkeling
  • Sensoriese ontwikkeling
  • Persepsieule ontwikkeling
  • Ontdekking
  • Ruimtelike orientaise
  • Speel
  • Musiek

Skryf Jou Kind In

Sluit by ons Trotse Tjokkers-familie aan en gee jou kind die beste begin!