Welkom by Trotse Tjokkers

Waar 'n kind se lewe begin en Liefde nooit eindig nie!

Welkom by Trotse Tjokkers Kleuter en Naskool Sentrum, ‘n veilige en liefdevolle omgewing waar kinders floreer! Ons bied Afrikaans-Christelike onderrig aan babas van 3 maande tot graad R, asook ‘n naskool vir ouer kinders.

Ons Leer

Speel, ontdek en groei elke dag!

Ons groei

Sterker, slimmer en met selfvertroue!

Ander aktiwiteite

Pret en leer gaan hand aan hand!

Holistiese ontwikkeling vir ‘n blink toekoms

By Trotse Tjokkers glo ons dat elke kind uniek is en die reg het op ‘n gebalanseerde ontwikkeling. Ons program fokus op kognitiewe, emosionele en fisiese groei deur gestruktureerde aktiwiteite en vryspel. Deur ontdekking en leer skep ons ‘n stewige grondslag vir hul toekoms.

Beweging bou breinkrag – Die belangrikheid van motoriese ontwikkeling

Beweging bou breinkrag – Die belangrikheid van motoriese ontwikkeling

Motoriese vaardighede is die boustene vir leer en selfvertroue. Ons programme ontwikkel klein en groot motoriese vaardighede deur speletjies, aktiwiteite en musiek – wat help met hand-oog-koördinasie, spierbeheer en algemene fisiese gesondheid.

Voedsaam en lekker – Gesonde etes vir groeiende lyfies

Voedsaam en lekker – Gesonde etes vir groeiende lyfies

Voeding speel ‘n belangrike rol in kinders se ontwikkeling. Ons bied gebalanseerde, gesonde etes om te verseker dat elke kind die nodige energie en voedingstowwe kry om hul dag vol selfvertroue aan te pak.

Ons Gee Om...

By Trotse Tjokkers bied ons ‘n veilige en stimulerende leeromgewing vir kinders van 3 maande tot Graad R. Elke fase van ontwikkeling is vir ons belangrik, en ons programme is ontwerp om fisiese, kognitiewe en emosionele groei op ‘n speelse en doelgerigte manier te bevorde

Spesiale Oomblikke

Elke dag is gevul met lag, leer en groei! Kyk hoe ons klein tjokkers ontdek, speel en wonderlike herinneringe maak.